Suid-Afrika – smokkelaars se paradys

Dertig persent van die sigarette wat in Suid-Afrika gerook word, is smokkelprodukte. Suid-Afrikaners gaan vanjaar ongeveer 8-miljard gesmokkelde sigarette rook.

Dit is 500-miljoen meer sigarette as verlede jaar.
Die besonderhede is bekend gemaak deur die Tobacco Institute of Southern Africa (Tisa).

Volgens mnr Francois van der Merwe, Tisa se uitvoerende hoof, sal die owerhede na raming meer as R12-miljard se belasting verloor weens die smokkelhandel.

Mnr van der Merwe het gesê dat gesmokkelde sigarette nou 30% van die totale mark uitmaak.