Smokkelhandel duur voort

’n 25 jarige Libanees verskyn in die streekhof in Kempton Park weens die besit van R20 miljoen se diamante wat hy onwettig landuit wou smokkel.

Hy is op die Johannesburgse Internasionale lughawe (Tambo) aangekeer kort voordat sy vlug na Dubai sou vertrek.

Die man is aangekeer nadat die polisie ’n wenk gekry het dat hy sowat 220 diamante in sy besit het.

’n Oud-polisiebeampte het aan Die Vryburger gesê dat die vraag ontstaan hoe die Libanees so baie diamante in die hande gekry het. Hy het daarop gewys dat daar onlangs iemand betrap is met R15 miljoen se diamante.

Hoeveel gevalle glip deur waarvan die polisie onbewus is, het hy gevra.