Slim mediese navorsing verlig lyding

Nuwe tegnologie het by die Cleveland-kliniek in Ohio die top tien mediese uitvindsels vir 2013 bedink.

Die opwindendste produk is waarskynlik ‘n toestel so groot soos ‘n amandel wat in die pasiënt se mond gesit word om van hoofpyne ontslae raak. Die toestel kan ook dien as ‘n aftaster wat velkanker opspoor.

Die kliniek het talle mediese nuwighede na vore gebring. Nuwe medikasie vir prostaatkanker en beter mammografie-tegnologie is daarby ingesluit.

Die heel beste is egter die nuwe sjirurgiese prosedure wat gewigsverlies teweeg bring terwyl dit baie help om Tipe 2 suikersiekte te beheer.
Snydokters het oor die jare bevind dat die prosedure mense met Tipe 2 suikersiekte soms heeltemal genees – selfs voor hulle nog die hospitaal verlaat.