Sirkus en chaos heers in die SABC

Die SABC het ’n rigtinglose sirkus geword en daar is geen interne beheermaatreëls.

Dit is die uitspraak van ene Themba Godi, voorsitter van die staande komitee oor Openbare Rekenings (Skoor).

Gedurende dié gesprek met Skoor het dit bekend geword dat die SABC tans geen ouditkomitee het nie.

Ben Ngubane, voorsitter van die SABC , het die blaam op Dina Pule, Minister van Kommunikasie, geplaas aangesien ’n aanbeveling gedoen is wat nie aanvaar is nie.
Cawe Mahlati, ’n raadslid van die SABC wat vervreem is van die Raad, asook Gugu Duda, die geskorste finansiële hoof het die vergadering bygewoon.

Duda het gesê die SABC het haar twee maande gelede geskors, maar geen klagtes is teen haar ingedien nie.

Mahlati het genoem dat die ouditkomitee nie deur die minister bekragtig nie “want die kandidate wat die voorsitter wou aanstel nie die nodige kwalifikasies het nie en die vrou wat die voorsitter wou aanstel, het net matriek.”

“Dit is die eerste keer dat raadslede verklarings maak wat die teenoorgestelde van dié van ander raadslede is. Hierdie situasie is besig om ’n sirkus te word,” het Godi gesê.

Die SABC het erken dat hy verlede jaar tot 70% van sy teikens gemis het.

Hlaudi Motsoeneng, waarnemende bedryfshoof, het gesê die groep sukkel omdat dit jare lank van een bestuurspan na die volgende oorgedra word.

Ngubane het bevestig dat hulle op die derde agtereenvolgende gekwalifiseerde ouditverslag afstuur.