Sexkwale raak ook bekommerd

Dit pla glo vir Tokyo Sexwale, Minister van Behuising dat daar reeds teen Augustus reeds meer as 12000 protesaksies oor dienslewering in Suid-Afrika was.

In 2011 was daar 11000 protesaksies.

“Dit lyk of ons mense vertroue verloor…nie in politieke partye nie, maar in die reg self.”

Sedert die Marikana fiasko het werkende mense toenemend gewelddadige stakings ondersteun.

“Dié neiging hou ernstige risiko’s in vir die stabiliteit van die land,” het ny bygevoeg.

’n Woordvoerder van die prokeureursorde het aan Die Vryburger gesê dat die minister se bekommernis is niks nuut nie. Die waarskuwings oor hierdie barbaarse optrede van vandale is deur die ANC gevestig in die apartheidsjare en hulle pluk nou die vrugte van hulle eie maaksel, het hy gesê.