SAPD skiet om dood te skiet

Die polisie het bevestig dat ‘n 28-jarige man in onluste by Wolseley dood geskiet is.

Vyf ander mense is in dieselfde geval beseer, het lt.kol. Andrè Traut in ‘n verklaring gesê.

Volgens berigte het die man gesterf ná hy deur die polisie geskiet is.
’n Woordvoerder van die SAPD het glo bevestig dat die saak deur die Onafhanklike Polisie-ondersoekende Direktoraat ondersoek word.

Intussen het ’n voormalige senior polisiebeampte wat verkies om anoniem te bly, gesê dat dit duidelik is die polisie is nie opgewasse teen die nuutste betogings nie. Skare beheer is ’n gespesialiseerde afdeling en behoort deur spesialis eenhede beheer te word, het hy gesê.