RSA: gee liewer die wapens terug!

Die ANC/SAKP regering van Suid-Afrika kan ten minste R70 miljard verhaal deur die transaksies met verskaffers te kanselleer en die meeste wapentuie aan hulle terug te gee.

Dit is die woorde van adv. Paul Hoffman, een van die getuies in die regterlike kommissie van ondersoek na Suid-Afrika se omstrede multimiljardrand-wapentransaksie.

Hy het ook bekend gemaak dat dit heel waarskynlik te laat is om die skelms met sukses te vervolg wat betrokke was by moontlike korrupsie met wapentransaksies.

“Ek is wel daarvan oortuig dat ons van die geld kan terugkry. Dit kan gebruik word om vir skole, hospitale en ander noodsaaklikhede te betaal,” het hy gesê.