Raad skors duisende dokters

Mediese fondse is aangeraai om seker te maak dokters in hulle diens aktiewe praktyknommers besit om probleme met eise te verhoed.

Die afgelope naweek is sowat 10 000 mediese praktisyns deur die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika geskors.

Hulle het blykbaar nie hulle lidmaatskapgeld betaal nie, wat beteken dat hulle nie wettig praktiseer nie.

Sowat 1 500 van die 10 000 is dokters en tandartse.

Heidi Kruger, woordvoerder van die Raad van Gesondheidsorg, het gesê pasiënte moet hulleself beskerm deur vooraf seker te maak.