Pssssst, gehoor wat sê die slimmes van kool?!

Kool is in antieke tye gebruik vir mediese sowel as voedende doeleindes. Kool was vroeër ‘n straf vir kinders om te eet vanweë sy bitter (magnesium) smaak. Vandag se kool het baie van sy mineraalkrag verloor as gevolg van grondverarming.

Kool het die volgende voordele:
• Kool het baie anti-inflammatoriese krag. Rou koolblare kan op ontsteekte wonde gesit word, dit trek die gif uit die wond uit.
• Vars koolsap wat jy daagliks drink is ‘n fantastiese antikankermiddel.
• Koolsap verlig ook ooginfeksies.
• Dis ook ‘n goeie antimaagsuur as jy dit rou eet.
• Rou kool ontsmet ‘n ontsteekte kolon (dikderm).
• Kool bring verligting vir sekere tipes hoofpyne.
• ‘n Basiese hoesstroop word van rooikoolblare gemaak.
• Witkoolsap help vir koorsblare.
• Gorrel witkoolsap vir ‘n seer keel;
• Vars koolsap beveg bronchiale infeksie in die longe asook asma;
• Dit help vrouens met mastitis.

Waarskuwing: Moenie rooikool eet nie, dit kan hardlywigheid veroorsaak. Dit kan ook winderigheid aanhelp. So, om jou verleentheid te spaar, vermy dit liewers.