Polisie moet R100,000 opdok

Die polisie gaan die Sunday Times se joernalis, ene Mzilikazi wa Afrika, wat in hegtenis geneem is nadat hy twee jaar gelede berig het oor ongerymdhede met die transaksie vir ’n nuwe polisiehoofkwartier, R100000 betaal.

Mzilikazi wa Afrika, ondersoekende verslaggewer, het onthullings rondom die R500 miljoen transaksie tussen die afgedankte genl. Bheki Cele en die sakeman Roux Shabangu, gemaak.

Wa Afrika is binne dae ná die berig in hegtenis geneem en Nathi Mthethwa, Minister van Polisie, het erken dat die inhegtenisneming onwettig was.
Mthethwa het onderneem om skadevergoeding te betaal en sal ook die koerant se regskoste betaal.