Plase deur Veiligheidsmaatskappye bewaak.

Die boere in Ceres distrik wat baie miljoene Rand skade het as gevolg van die sogenaamde stakers se barbaarse optrede, is nou gereedheid vir soortgelyke aanvalle deur private veiligheidsmaatskappye te huur vir ’n onbepaalde tyd, om sodoende hulself, hul werkers en bates te beskerm.

Intussen hou boere van Franschhoek paaie in die gebied met valkoë dop, nadat plaaswerkers ingelig is onluste kan dalk daar uitbreek.
Die amptelike ooreenkoms wat verlede week met vakbonde bereik is, is betekenisloos.

’n Boer van die dorp, wat anoniem wil bly, het gister gesê sekere boere is deur plaaswerkers ingelig dat hulle nie van plan is om te gaan werk nie.