Pastorie moeder nog in koma

Mev. Dorothea Brits, eggenote van die vermoorde ds. Willem Brits het nog nie haar bewussyn herwin nie. Sy het intussen ‘n breinskandering ondergaan, het ’n woordvoerder van Mediclinic in Bloemfontein, gesê.

Die dominee en sy aanstaande skoonseun, Gerhardus Vermeulen, is onlangs vermoor en sy vrou, Dorothea, is ernstig aangerand.

Die Brits-egpaar se aangenome seun, Martin, en sy swart vriend wat hy blykbaar in die tronk ontmoet het, ene Elliot Mhlambi (41), is intussen in verband met die moorde aangekla en het in die hof verskyn.
Martin het glo skuld erken en per brief die familie om vergifnis gevra.