Pa ry dogtertjie dood

’n Pa van Ladismith is in rou nadat hy per ongeluk sy dogtertjie omgery het.

Annieka Nel (2,5 jr.) is later in die George Mediclinic oorlede.

Mnr. Rudi Nel van Buffelspoort was vroegdag oppad werk toe. Net voordat hy gery het, het hy gesien Annieka is wakker en haar toe versoek om by haar ma te gaan inkruip.

Hy het nooit gesien dat sy agterna gekom het nie, en toe hy tru, het sy onder die bakkie beland.

Sy is na die hospitaal op Ladismith gebring en later die oggend per helikopter na die George Mediclinic oorgeplaas.

“Ek is diep geskok. Dit is enige ouer se nagmerrie. Sy was pa se meisiekind,” het hy gesê.