Oorvol Wes-Kaap se tronke

Die Wes-Kaap tronke bars nou uit hul nate weens ’n algehele oorbevolking.

Gegewens wat van die Departement van Korrektiewe Dienste beskikbaar gestel is, toon dat sowat 26,000 gevangenes in die 42 ytonke aangehou word.

Die bedryfsbeampte, Nontsikelelo Jolingana, het gesê sowat ’n derde van die aangehoudenes is verhoorafwagtend.

Sy het die hooftoespraak by die Departement se toekenningsaand vir uitnemendheid gelewer.

Se sê Pollsmoor is 297% vol, Malmesbury Me¬dium B 234,4%, Allandale 234,8% en Caledon 204,4% wat meebring dat ’n sel wat vir 35 mense ontwerp is tussen 90 en 100 huisves.

Die verhouding tussen bewaarders en gevangenes by dié tronk is 1:60, maar behoort nie 1:30 te bowe te gaan nie, het Jolingana gesê.