Obama is weer verkies

Mitt Romney het aan sy ondersteuners gesê hy het aan pres Barack Obama toegegee dat hy herverkies is as Amerikaanse president.

“Ek het Obama gebel om hom geluk te wens. Ek wens hulle voorspoed toe.”

Romney het sy vise-presidentskandidaat, Paul Ryan, en sy eie vrou Ann, “die liefde van ey lewe”, bedank.

Ann sou ‘n wonderlike eerste vrou gewees het, het Romney gesê.

Hy het afgesluit met die gedagte dat die Republikeinse veldtog sekerlik die indrukwekkendste veldtog was wat die party tot nog toe gevoer het.