Nog witmense is wreedaardig vermoor

Gedurende verlede week is nog twee blankes deur terroriste vermoor. Mnr. Werner Broodryk van Bronkhorstspruit wat in ’n veiligheidskompleks woon, deur ’n aantal swartes vermoor. Die SAPD het klaarblyklik geen rede gevind waarom hulle vinnig moes reageer nie.

In die Vrystaat is mnr. Chris Peerce op ’n plaas vermoor deur terroriste wat hom in die huis oorval het en met pangas doodgekap het toe hy sy honde wou laat uitgaan om ’n draai te loop voor slaaptyd. Mev. Peerce is met ernstige kapwonde in die hospitaal opgeneem nadat sy vir dood agter gelaat is.

Die bestuurder van Projek 2010 het aan Die Vryburger gesê dat November ’n maand is wat onthou sal word vir die groot aantal moorde op volksgenote deur terroriste. Hy het gesê die media probeer die volksmoord verdoesel deur die klem te laat val op die paar goedjies wat gesteel is. Die SAPD speel heerlik saam deur elke moord op volksgenote af te maak as sogenaamde gewapende rooftogte.

Projek 2010 beskik oor die wereld se mees gesaghebbende databank van besonderhede oor die volksmoord op blankes in Suid-Afrika. Die besonderhede kan gesien word by hul webadres www.projek2010.co.za.