Nog studente bedrog

Sowat 500 studente van die Universiteit van Johannesburg het vervalste dokters briewe gebruik om nie eksamen te skryf nie . Hierdie studente gaan gestraf word.

Berigte lui dat tugstappe teen 450 van die 520 studente reeds afgehandel is en dat diegene wat skuldig bevind word, beslis geskors kan word.

Hulle sal ook daardie vakke druip en nie toegelaat word om ’n bykomende eksamen te skryf nie.
Hulle kan ook ‘n “opgeskorte skorsing” ontvang en hulle skorsing kan beteken dat as hulle binne ‘n jaar weer dieselfde oortreding begaan hulle selfs verbied kan word om vêrder te studeer.
Sommige studente het glo briewe, wat vermoedelik deur Dr Dre en Wiz Khalifa – Amerikaanse rapkunstenaars – onderteken is.