Nóg renosterkarkasse gevind

Twee renosterkarkasse is by die Mafikeng-wildplaas in Wes-Transvaal gevind. Beamptes sê dat die karkasse enkele meters vanaf die hoofweg opgespoor is.

Volgens beamptes was dit ‘n renosterkoei en haar kalf wat hierdie keer die slagoffers van stropers geword het. Die renosterkoei se horing is afgesaag.

Dit is die eerste geval van stropery by dié wildsplaas in hierdie jaar, maar daar is al sowat 60 renosters gedurende 2012 in die Wes-Transvaal gestroop.