’n Hele eiland het verdwyn

‘n Eiland wat tussen Australie en Nieu-Kaledonie geleë is, en bekend staan as die Sable-eiland, is nie in sig nie. Dit het verdwyn, beweer wetenskaplikes
Verskeie wêreldkaarte en ook op Google Earth word Sable-eiland aangedui maar dit bestaan blykbaar nie volgens Australiese wetenskaplikes.

’n Aantal wetenskaplikes het as deel van ‘n geologiese ekspedisie na die eiland gaan soek.
Die eiland word deur talle gesaghebbende kaarte aangedui. Die baie bekende Times Atlas dui ook die eiland as Sable-eiland aan.

Die wetenskaplikes kon die eiland volgens die presiese koördinate wat aangegee word, nie vind nie.
Die Vryburger het intussen navorsing gedoen en gevind dat Sable Eiland nie in die gebied geleë is waar die wetenskaplikes daarna gesoek het nie. Sable Island is in die Atlantiese Oseaan, sowat 350 km suid-oos van die Kanadese eiland Halifax, geleë. Die wêreldbekende perd, die Sable ponies, word steeds op die eiland gevind.
Sable eiland is ’n lang “skraal” eiland (sien foto) en het nie verdwyn nie. Die vermoede bestaan dat die wetenskaplikes blykbaar die koördinate verkeerd gelees het.