Mynstakings – nog een dood.

Die lyk van ‘n mynwerker is in ‘n veld by Anglo American Platinum (Amplats) se Amandelbult-myn gevind. Dit het blykbaar plaasgevind toe mynwerkers deur ander aangeval is.

“Hulle is ná werk oorval en met klippe aangeval,” het lt. kol. Ronel Otto gesê.

Die swartman se lyk is in die veld naby ‘n hostel gevind.

Tydens die onlangse stakings is 22 mense in hegtenis geneem. Dit volg op die botsing tussen stakende mynwerkers, polisiebeamptes en veiligheidswagte.
Otto sê addisionele polisiebeamptes is in die gebied naby Thabazimbi ontplooi.

Na bewering is dit nou byna 50 mense wat gedood is in stakings voorvalle.

’n Woordvoerder wat betrokke is by die myn, het aan Die Vryburger gesê dat die stakings waarskynlik meer daarop aangewys is om nasionalisering van myne te bespoedig. Die staking om hoër lone is ’n dekmantel, het hy gesê.