Meerkat skenk baie meer

Waarskynlik is die eerste meerkat wat geboorte skenk aan agt babas, in die distrik Oudtshoorn waargeneem. Dit kan ’n wêreldrekord wees.
Die waarneming is gedoen tydens ’n opname vir die TV-program Carte Blanche op die gasteplaas De Zeekoe.

Dié uitsonderlike gebeurtenis is op kamera vasgevang

Volgens Glinister, wat meerkat-toere op De Zeekoe lei, weet hy nie van gevalle van meer as vyf kleintjies op ’n keer van ’n wyfie nie.
In Januarie 2010 het dieselfde wyfie egter ses kleintjies gehad. Sy het almal grootgemaak.