Mediese krisis kan rampspoedig wees

Suid-Afrika, en ook die hele wêreld is op die rand van ’n ernstige ramp as gevolg die “oor voorskryf” van antibiotika.

Dit is die bevinding van dr. Adrian Brink, ’n mikrobioloog verbonde aan die sentrum vir siektebeheer (CDC).

Daar is al meer antibiotika weerstandige bakterieë soos byvoorbeeld carbepenam-weerstand Enterobacteriaceae, CRE, insluitend New Delhi metallo-beta-lactamase, NDM-1 wat uit ander lande in Suid-Afrika ingebring word.

Hy het die waarskuwing van “oor voorskrif” gemaak na vyf mense in die brand-eenheid in die Milpark-hospitaal dood is.

Die mense was NDM-1-draers, maar is nie dood as gevolg daarvan nie.

Jacques du Plessis, besturende direkteur van Netcare se hospitaal-afdeling, sê daar is ’n toename in die aantal aangemelde CRE-infeksies, insluitend NDM-1.
“Die grootste oorsaak is wêreldreise en pasiënte wat van die buiteland oorgeplaas word.”

Dit blyk dat diegene wat dit onder lede het, almal buitelanders is.