Ma veg kaalhande tot terroris vlug

’n Ma het met alles in haar liggaam teen ’n swart terroriste aanvaller geveg om haar seuntjie op sy derde verjaardag ’n drukkie te kon gee.

Nadia Gibbens (31), is bestuurder by Quintiles, en is op hul hoewe in Bainsvlei buite Bloemfontein, herhaaldelik met ’n gebreekte bottel gesteek.

Sy het verbete terugbaklei want sy het besef sy wil nie hê haar man en kinders agter laat en dat hulle later die middag op ’n bloedbad moes afkom nie.
“My kindertjies is nog net te klein, het sy gesê.

Haar seuntjie Greg het gister drie jaar oud geword en sy sussie, Charlotte, is ’n jaar oud.

Die terroris is in hegtenis geneem nadat mev. Gibbens die paniek knoppie gedruk het om hulp te kry.

Die terroris is met geld wat hy by haar gesteel het, betrap toe hy koeldrank wou koop.

Volgens Amanda Appelgryn, ’n woordvoerder van die Mediclinic Bloemfontein, het Nadia veelvuldige steekwonde opgedoen. Sy moes gister ure lank geopereer word om die wonde te heg.