Lewe in die ruimte?

Europese sterrekundiges beweer hulle het nog ’n aarde ontdek waar daar aanduidings is van moontlike lewe.

Volgens berigte het drs. Mikko Tuomi van die Universiteit van Hertfordshire in Brittanje en Guillem Anglada-Escudé van die Universiteit van Göttingen in Duitsland die ontdekking gedoen.

Dié besondere planeet, is blykbaar sewe keer swaarder as die aarde en wentel saam met vyf ander planete om ’n son wat ongeveer 40 ligjare van ons sonnestelsel is.

Die ander vyf planete is te naby aan die son en dus is dit te warm om enige lewe te onderhou.

Die “aarde” wentel binne ’n “lewensonderhoudende” afstand soos bereken deur die wetenskaplikes.
Die planeet is ver genoeg van die son, en na genoeg om lopende water te huisves. Dit beteken daar kan lewe op die planeet wees..