Kunswerke terug gekry

Vier skilderye wat uit die Pretoria-kunsmuseum se permanente versameling gesteel is, is in Port Elizabeth opgespoor.
Die skilderye is blykbaar onder ‘n bankie naby die Muur van Herinnering van die NG-kerk in Sunridge Park gevind.

Die polisie het ‘n wenk ontvang en daarop gereageer, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die museum is voorlopig gesluit ná gewapende rowers verlede Sondag met skilderye ter waarde van R17,5 miljoen vort is.
Een van die skilderye is nog nie gevind nie.