Kommissaris vra meer polisiestasies

Die polisiekommissaris van Sentraal Transvaal, sê daar is te min polisiestasies om al die inwoners provinsie te beskerm.

Hy sê hoewel misdaad die afgelope jaar met 5,9% verminder het, moet mense veiliger voel.

Kommissaris Petros meen 135 polisiestasies vir 12 miljoen mense is nie naastenby genoeg nie. Hy glo meer, maar kleiner polisiestasies word benodig om inwoners beter by te staan. In plaas van een groot stasie in Tembisa, benodig ‘n mens vyf stasies in Tembisa, wat in strategiese posisies gebou word, het hy gesê.

’n Woordvoerder van die Verkennersbeweging het aan Die Vryburger gesê dat meer polisiestasies nie die antwoord op die probleem is nie. Veel eerder moet goed opgeleide polisiebeamptes eweredig versprei word.

Polisiebeamptes wat korrup, moedswillig en dikwels medepligtiges is, word geag van die belangrikste redes waarom hulle gewantrou word deur alle bevolkingsgroepe, het hy gesê.