Kimberley was tot stilstand gedwing

Groot dele van Kimberley was letterlik dae lank sonder water nadat ’n waterpyp gebars het.

Die Noord-Kaapse Kamer van Koophandel het gesê die munisipaliteit moet nou sy trots in sy sak steek en die sakesektor om hulp vra om die voortslepende waterkrisis in die stad op te los.

Woedende inwoners het die naweek op die bakkiesblad Facebook teen die munisipaliteit te velde getrek weens die herhaalde tekort aan water binne ’n week.
Die kop van die munisipale bestuurder én die burgemeester is geëis.

Gastehuise moes mense wegwys, restaurante het hul deure gesluit en sakemanne het gesukkel om behoorlike dienste te lewer. Wasserye, hospitale en klinieke was ernstig ontwrig..