Kantoor op wiele

Twee Duitse polisielede het drie keer gekyk na die “kantoor” van ’n man wat aangekeer is omdat hy 130 km gery het in ’n 100km sone. Die voertuig was deeglik ingerig met kantoor toerusting wat ’n rekenaar en drukker insluit.

Die mobiele kantoor is op ‘n raam gemonteer op die voorste passasier sitplek. Daar is selfs ’n omsetter gemonteer wat die elektriese krag voorsien. ‘n Navigasie-stelsel asook ‘n selfoon is by die voorruit gemonteer.

Die bestuurder was gelukkig om weg te kom met ‘n boete van slegs R1 500.