Kamera verkoop vir R19 miljoen

Die kamera wat gebruik is om die lewe van Pablo Picasso te dokumenteer, is vir ‘n rekordprys van R19 miljoen verkoop.

Die Westlicht-galeryse woordvoerder het gesê die Leica kamera het aan David Douglas Duncan behoort.

Die 96-jarige Duncan, ’n voormalige fotograaf was ‘n vriend van Picasso en het eksklusiewe foto’s van hom gepubliseer.

Die kamera, is na raming in 1954 vervaardig en is een van slegs vier wat gemaak is.