Jeugliga se keuse: Kgalema Motlanthe

Die ANC-jeugliga is eerste om hul keuse van ’n leier bekend te maak.

Die Adjunk president, Kgalema Motlanthe. is hul keuse as leier en Mathews Phosa as die onderleier. Fikile Mbalula, die Minister van Sport is hul keuse as sekretaris-generaal met Thenjiwe Mtintso, as sy adjunk.

Die Jeugliga het Tokyo Sexwale, Minister van Behuising, as tesourier voorgestel. Thandi Modise, die huidige premier van Wes-Transvaal, as nasionale voorsitter.

Volgens Lucky Ndinisa, provinsiale ANC-sekretaris, is die Oos-Transvaalse kongres afgestel en dit is gedoen sodat die party die afgevaardigdes kan oudit wat uit die gebied by die leiersverkiesing in Bloemfontein verteenwoordig mag wees.

Dié oudit vind plaas teen die agtergrond van gerugte dat die provinsie meer verdeeld is as wat algemeen vermoed is.