Horlosie verkoop vir R32 miljoen

Die Britse rocker Eric Clapton het byna R32 miljoen by sy enorme bankbalans gevoeg toe sy Patek Philippe-horlosie op ‘n veiling in Genève verkoop is.

Die afslaer het gesê dat die koper kom uit Asië.
Die besonderse horlosie is in 1987 gemaak en is ’n unieke kunswerk.

Die 67-jarige Clapton het onlangs R290 miljoen gekry vir ‘n skildery van die Duitse kunstenaar Gerhard Richter in Londen wat hy laat opveil het.