Hongersnood?

Die afgelope weke het lesers kennis geneem van die baie stakings wat gepaard gaan met geweld. Plase is geruïneer, winkels gestroop van voorraad, gevaarlike dreigemente word gerig aan landbouers en handelaars en dit alles gebeur sonder kragdadige optrede van Owerheid kant.

Die dreigement van vakbonde dat stakings soos by De Doorns vêrder kan uitkring, wil die indruk laat dat die agenda nie gebaseer is op beter lone vir werkers nie. Die agenda is klaarblyklik dieselfde as wat met die myne beoog word.

Die grondgryp program moet versnel word, en dit word nou gevoer onder die dekmantel van werkers se lone.

Die nasionalisering van myne is op hierdie selfde lees geskoei. Deur die myne tot stilstand te dwing word nasionalisering makliker. Die moontlikheid is nie uitgesluit dat mynbase hulle goed vat en padgee uit Suid-Afrika nie. Dit is presies waarvoor die ANC se vakbonde wag!

Dieselfde kan met landbouers gebeur.

Die gevolge hiervan is ook duidelik voorsienbaar. Myne se inkomste kan drasties verminder na nasionalisering. Iets hiervan is aan die Oos-Rand waargeneem. Met ’n radikale vermindering aan inkomste vir mynhuise en vir die staat, kan betalingsbalans probleme ontstaan.

Te veel getuienis is beskikbaar van mislukkings in die landbou – en meer getuienis bestaan oor die sukses van die Boere-Afrikaner as landbouer. Die blanke boer van Suid-Afrika word gesien as die bestes ter wereld.

Neem hierdie twee kragtige bronne weg uit Suid-Afrika en hongersnood is die voorland.

Lees ook van CVO skole, oor die regeerders se swierige behuising wat nog vêrder opgradeer word met belastinggeld, en ’n waarskuwende woord oor die nuwe banknote van die land.

Die antwoord op probleme in hierdie land is duidelik – die Boere-Afrikaner moet die stryd om sy vryheid te herwin nog sterker aanvoor as ooit tevore.

Ons hoop, glo en vertrou dat die Boere-Afrikaner Volksraad se hand met ons lesers se ondersteuning sterker gemaak sal word.
Redakteur