Hoe ruïneer jy ‘n boer?

“Vir wat wil jy ‘n Volkstaat he, die Kaap is die antwoord?” vertel iemand my so jaar of wat terug en voeg hy by “Helen Zille bestuur die Kaap effektief en gevolglik leef ons in vrede met ander volke, want almal is tevrede omdat dinge hier effektief is en werk.”

Ek het hom nie geantwoord nie, want soms hoor mens beter wanneer jy voel. Op daardie stadium was die ANC reeds besig om die Xhosa inwoners van die Oos-Kaap in hulle duisende na die Wes-Kaap te verskuif. Om sodoende die ANC se stembasis in die Wes-Kaap te vergroot. Sou ek dit op daardie stadium vir die persoon vertel het, sou sy verweer gewees het die Xhosas stroom na sy Utopia omdat dit daar, onder die DA se bestuur, beter is as onder die ANC se bestuur en dat hierdie Xhosas dit besef en die DA sal ondersteun. Soos reeds gesê, soms hoor mens beter wanneer jy voel, veral as jy polities naïef is.

En het die Kapenaars nie gevoel nie.Teen hierdie tyd behoort dit immers duidelik te wees dat die “stakings” in die Kaap toe nie stakings was nie, maar tipiese ANC politiek. Waar die DA uitoorlê is omdat hulle hoogmoed oor die Kaap hulle blind gemaak het vir wat onder hulle neuse gebeur.

Dit is immers ‘n ou taktiek van die ANC om in gebiede waar hulle nie die meerderheid is nie, stemvee te verskuif na daardie gebiede en die stemvee se lojaliteit te koop met maatskaplike toelaes en HOP huise. Daarom het elke klein dorpie in die land skielik ‘n “lokasie” gekry sedert 1994.

Maar die voorbereiding van die ANC om die Wes-Kaap oor te neem strek verder as dit. Sien, volgens Vinpro bestaan die wingerd bedryf uit 125 000 ha wat deur 60 522 mense bewerk word. Hierdie bedryf het ‘n omset gehad van R7 790 000 000-00 in die 2011-2012 boekjaar. R4 200 000 000-00 hiervan is reguit na die ANC regering via BTW en aksynsbelasting. Dit laat die bedryf met R3 590 000 000-00 om bedryfsuitgawes, arbeid en kapitaal vervanging te doen (wingerde en toerusting).

Aangesien die staking handel oor ‘n dagloon, is dit raadsaam om hierdie bedrag ook in omset per dag om te skakel, met ander woorde R3 590 000 000 gedeel deur 313 (365 – 52 sondae) en deel dit dan weer deur die aantal persone in die bedryf 60 522 en dit gee ‘n per persoon omset van R189-51. Hieruit moet inset koste, arbeid en vervanging betaal word. Indien die arbeid dan nou R150-00 per dag betaal word, sal so wingerd plaas net nie kan oorleef nie.

Die probleem blyk dus die buitensporige belastings en aksyns van meer as 50% te wees wat die ANC regime hef. Dit is nog nie eens die ander sekondêre belastings wat betaal moet word nie. Hierdie boere moet ook kompeteer in die internasionale mark waar boere van ander lande minder belasting betaal en in baie gevalle subsidies ontvang van hulle regering.

Die resep is dus eenvoudig, belas die boere sodat hulle slegs minimum lone kan bekostig en sweep dan die arbeiders op om hoër lone te eis. Op die manier word die lewe ondraaglik gemaak vir die boere en dan is dit maklik om die grondgryp program deur te voer sonder weerstand van die boere.

In tussen word verneem dat die ANC se jeugleier aan sy ondersteuners in Pretoria by ‘n beleidskonferensie beloof het dat Artikel 25 van die grondwet wat eiendomsreg beskerm, geskrap sal word. “Dit was eers ná kragdadige massa-optrede deur die mense van Zimbabwe dat Zanu-PF begin het om eiendomme oor te neem. Dit lyk of dit dieselfde hier gaan wees.” Het Ronald Lamola gesê. Hy het bygevoeg: “Die ANC gaan so gou moontlik Suid-Afrika se “Bilaterale Beleggingsooreenkoms” met die Europese Unie kanselleer – dit beëindig die laaste waarborg dat daar nie privaatmaatskappye genasionaliseer sal word nie. Daarna is die deur wawyd oop vir beslaglegging op elke soort eiendom in blankes se besit.”

Het die uurglas vir Suid-Afrika uitgeloop? Seker nog nie heeltemal nie en met hofaansoek deur burgerregte groepe sal daar seker bietjie tyd gekoop kan word, maar wat duidelik is, is dat dit onvermydelik is dat die ANC Suid-Afrika op dieselfde pad as Zimbabwe geplaas het en uit daardie voorbeeld is die land se voorland duidelik.

Daarom is dit nou meer as ooit van kardinale belang dat selfbeskikkingseis van die Volksraad slaag en dat elkeen sy deel doen om te verseker dit slaag! Soos die Volksraad dit stel: Moenie net kla, wees daar!

Piet Potlood