Gesondheidsdepartement moet opdok

Die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement moet vergoeding aan ‘n verlamde rugbyspeler betaal, het die provinsie se hoërhof beslis.

Charles Oppelt (27) is in 2002 tydens ‘n wedstryd beseer. Hy moes vir sowat 15 uur by ‘n Kaapstadse hospitaal wag voor hy behandel kon word.

Sy prokureurs het aangevoer dat permanente skade verhoed kon word as dokters ‘n sekere prosedure binne vier ure na die ongeluk uitgevoer het.
Hy is nou permanent in die onderlyf verlam. Die hof sal binnekort besluit hoeveel die Departement moet opdok vir die nalatige optrede.