Fransman wen R1,8 miljard

‘n Fransman, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie, het die boerpot van R1,8 miljard in die Euro-millions-lotery gewen.

Dié bedrag wat gewen is, kan byna vier ton suiwer goud koop. Die wenner is nou Frankryk se 220 ste rykste persoon.

Die wen bedrag is R80 miljoen hoër as die vorige rekord uitbetaling aan ’n Fransman.
‘n Britse paartjie het voorheen sowat R2,1 miljard gewen en is die grootste Euro-millions-wenner.

’n Kenner op die gebied van loterye het gesê dat die uitspattige bedrae miljoene mense se verarmde toestande kon verbeter het. Daarbenewens is loterye die oorsaak dat miljoene mense in armoede veravl in hulle pogings om ’n lotery te wen.