EU amptelik in resessie

Die Europese Unie het vir die derde kwartaal ‘n tweede opeenvolgende negatiewe groei ondervind, wat die EU amptelik in ‘n resessie toestand plaas. Die vorige resessie was in 2009, aan die begin van die ekonomiese wêreld- krises, gebeur.

Die EU het in die derde kwartaal ‘n negatiewe groeikoers van 0,1% gerapporteer en in die tweede kwartaal was die negatiewe groeikoers 0,2%. Duitsland en Frankryk, as grootste ekonomië in die EU, toon nog ‘n geringe positiewe groeikoers, maar ook dit is besig om te krimp.

Die positiewe nuus is dat die inflasiekoers vir die EU in Oktober afgeneem het en op 2,5% staan.