Eise om vryheid nou ook in VSA

Washington: Ten minste 20 state in Amerika het in petisies die Obama-administrasie gevra om hulle vreedsaam hulle onafhanklikheid te gee, sodat hulle hulle eie regerings kan kies.

Dit volg op die herverkiesing van Obama as president van die VSA.

Louisiana was die eerste staat wat ‘n petisie ingedien het. Kort daarna het ‘n aansoek van Texas verskyn.

Volgens die webwerf van die Withuis is die state wat sesessie-verwante betoë gerig het Alabama, Arkansas, Colorado, Florida, Georgia, Indiana, Kentucky, Michigan, Mississippi, Missouri, Montana, New Jersey, New York, North Carolina, North Dakota, Oregon, Suid-Carolina en Tennessee.