Een skool: Sewentien swanger op die skoolbanke

‘n Skool in die Wes-Transvaal wat hoofsaaklik uit swart leerlinge bestaan, het die ouers van minstens 17 swanger leerlinge gevra om gereed te wees in geval hul dogters begin kraam.

Bayanda Zenzile, van die Onderwysdepartement, het gesê 17 leerders tussen die ouderdom van 14 en 18 jaar, is swanger by die Barolong Hoërskool in Mahikeng.

“Sommige ouers staan buite die skool, gereed om hul dogters by te staan,” het Zenzile gesê.

‘n Personeellid het gesê dat een leerling reeds geboorte geskenk het by die skool.

’n Woordvoerder van die Republikeinse Vrouebeweging het aan Die Vryburger gesê dat so iets in al die dagblaaie van die land as voorblad nuus aangekondig sou word as een blanke dogter so iets sou oorkom. In so ’n geval sou die dogter die skool moes verlaat, het sy gesê.