Dom voorstel van ANC-lid

Die ANC se woordvoerder in die Oos-Kaap, ene Mlibo Qoboshiyane vra dat Suid-Afrikaanse wyn geboikot word.

Dít volg op die voortslepende staking deur plaaswerkers wat deur intimidasie nou eise stel om beter lone en werk toestande.
Qoboshiyane, het gesê mense sal die uitbuiting van werkers ondersteun deur aan te hou om Suid-Afrikaanse wyn te koop.

’n Woordvoerder van Oranje Sake Instituut het in ’n onderhoud gesê dat dit nogal interessant sal wees om te sien wat die Oos-Kapenaar se siening sal wees oor groenteboere asook vleis- en mielieprodusente se produkte as die staking na daardie gebiede uitbrei.