Die spook van Zumaville spook nog steeds

’n Spesiale parlementêre ondersoek moet baie dringend gelas word na die aanwending van fondse aan pres. Zuma se omstrede Nkandla-tuiste in KwaZulu-Natal.

Vir dié doel moet die parlement wat reeds verlede Donderdag sy laaste sitting vir die jaar gehad het, wéér byeengeroep word, het Lindiwe Mazibuko, ’n parlementariër gesê.

Sy is van mening dat Nkandla in ’n “ernstige verantwoordbaarheidskrisis” vir die parlement ontaard het wat “dringende optrede” vereis.
“Dit word gesteun deur prima facie-getuienis dat president Zuma die parlement mislei het toe hy gepoog het om die (Nkandla) projek gedurende vraetyd te verdedig,” het sy gesê.

Dit wil voorkom of die spook van Zumaville net nie ten ruste wil gaan nie, het sy gesê.