Die nuwe land se nuwe banknote

Dit is kwalik ’n week nadat die Mandela banknote die “lig” gesien het, toe verskyn die vervalste note ook.
Die eerste noot is in Kaapstad gevind by ’n vulstasie in Goodwood.
Blykbaar is die vervalte geld deur twee mans aangebied vir betaling van brandstof.
Behalwe dat die maklik vervalsbare note se ink ietwat ligter is as die oorspronklike, het die watermerk ontbreek.

’n Kenner oor vervalsings het aan Die Vryburger gesê dat die banknote baie maklik vervals kan word aangesien die ontwerp daarvan nie die meer gesofistikeerde tegnologie aangewend het nie.