Dagga gewettig in VSA

In die deelstate Washington en Colorado is dit nou gewettig om dagga te besit en te gebruik.

Hierdie wet is vooraf gegaan met ’n stemming waartydens 55% van die inwoners van Washington ten gunste van die verandering in wetgewing gestem het en in Colorado 53%.

Die wetgewing is in stryd met federale wetgewing en kan tot erge konflik lei.

Dagga mag wettig verkoop word en belasting sal daarop betaal moet word.

In Colorado sal dagga-gebruikers ses plante per persoon mag hê, maar in Washington is dit verbode. Die gebruik van dagga as medikasie is reeds in 15 deelstate van die VSA wettig.