Curro-groep koop ’n skool vir R157 miljoen

Die bekende groep Curro het ’n privaatskool in Pietersburg oorgeneem teen ’n bedrag van R157 miljoen.

Die aankondiging is gemaak nadat die ooreenkoms tussen die twee instansies onderteken is. Die verkopers, Northern Academy in Pietersburg het sy belange verkoop aan Curro.

Die privaatskool war primêre- en sekondêre skoolgeriewe insluit, is die jongste toevoeging tot Curro se reeds wye sakebelange as privaat skool-onderneming.
Curro is ’n sakeonderneming wat geen onderskeid maak tussen geloof, ras of ander persoonlike sienings nie. Die groep het reeds ’n groot aantal skole oorgeneem of gevestig in die land.


Die foto toon die Curro skool in Hermanus

’n Woordvoerder van die republikeinse Vroue Beweging het aan Die Vryburger gesê dit is jammer dat volkseie skole nie op hierdie wyse in elke dorp en stad tot stand gebring kan word nie.