Cosatu wil e-tol vernietig

Cosatu beplan om die strate in te vaar om teen die omstrede e-tol stelsel te betoog.
Volgens onbevestigde berigte dreig die vakverbond om die tolpaaie se stellasies op die hoofweë af te takel.

Nuwe inligting dui daarop dat die Cosatu glo Johannesburg en Pretoria tot stilstand wil ruk. Daarna wil hulle die volgende week met nóg betogings voortgaan.
Dumisani Dakile, Cosatu se sekretaris in Sentraal Transvaal, het berigte ontken en sê die vakverbond se voorneme is net om die stellasies te vernietig.

Hulle wil die Departement van Behuising en die plaaslike owerheid vra om die tolpaaie af te breek soos wat hulle huise in Lenasia afgebreek het.
Waarnemers het die moontlikheid uitgewys dat die nuwe veldtog van Cosatu daartoe kan lei dat groter verdeeldheid in die ANC gaan ontstaan.