Cosatu verloor geloofwaardigheid

Floyd Shivambu, die ANC Jeugliga se voormalige woordvoerder, sê dat die vakbond Cosatu sy integriteit verloor het en dit klaarblyklik nooit weer sal terug wen om vertroue by sy lede te vestig nie.

“Hy se voorts dat dit blyk of Cosatu sy morele kompas verloor het weens die faksie-vorming, en hy sal nooit weer sy integriteit en sy geloofwaardigheid terugwin nie,”
Shivambu het die opmerkings gemaak in ‘n verklaring namens “ekonomiese vryheidsvegters” .

Hierdie uitspraak kom in reaksie op Sidumo Dlamini, president van Cosatu, se versoek dat adj.pres. Kgalema Motlanthe ‘n besluit moet heroorweeg om hom verkiesbaar te stel.

Dlamini het dit onomwonde gestel dat dit vir Motlanthe ‘n ernstige verleentheid kan wees as hy hom teen Zuma verkiesbaar stel tydens die verkiesingskongres.
Waarnemers is van mening dat die verdeeldheid binne die ANC besig is om dieper klowe te veroorsaak wat uiteindelik tot vernietiging van die party kan meebring.