Briewe – Arbeidstakings

Die redakteur
Die Vryburger
Pretoria

Meneer

Ek verwys na die volgende twee sinne op bladsy 15 van u uitgawe van 13 November 2012: Die Vryburger het uit betroubare bron verneem dat dit nie die plaaswerkers is wat eise stel nie. Hulle (die plaaswerkers) word deur vakbond leiers geïntimideer om te staak.
Wat u gehoor het, is heeltemal waar, maar wat u bron nie bygevoeg het nie, is dat die vakbondleiers bloot die voetvolk van die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party is. Insgelyks is die ANC ook die heer en meester van die ANC.
U sal u herinner dat die SAKP kort voor die laaste Algemene Verkiesing gesê het dat die SAKP nie kandidate in die Algemene Verkiesing gaan stel nie, maar dat die SAKP nà afloop van die verkiesing 30% van die ANC se parlementstslede uit SAKP geledere gaan aanstel.
Die meerderheid van die oorblywende ANC parlementslede wat ingevolge die kwota aangestel is, beskik oor dubbele party lidmaAtskap. Hulle is lede van sowel die ANC as die SAKP.
Die stakings en nasionaliseringswerkwyse wat die ANC/SAKP regering volg, volg dieselfde patroon as wat die kommuniste na bewindsoornames in Rusland na 1917 en in Sjina na 1949 gevolg het. (let asseblief daarop: ek gebruik nie die Afrikaanse spelling Tj(Ch)aaina nie.)
Die hele gemors is maar die nastrewing van die internasionaliste se ideaal om ‘n een wêreldstaat deur middel van streekregerings tot stand te bring. Die strewe kom reeds tot uiting in die daarstelling van die Suider-Afrika Ontwikkelingstreek, die Europese Unie, Ecowas en ‘n paar ander.
Lesers wat meer inligting oor die saak verlang, kan gerus Unisa se derde jaar Staatsleer kursus soos dit in 1976 aangebied is gaan naslaan.

Groetnis
Jaap Versfeld