Boer oorleef rooftog

Chris Reinecke (56) van die plaas Riverside is deur twee mans oorval en beroof.

Die rowers, van wie een gewapen was, het geld en vuurwapens geëis.

Mnr Reinecke, wat op Sasolburg woon en op sy plaas in Vredefort-distrik was, was besig om goed op sy bakkie te laai toe die twee boewe hom oorval het. Hy is met ’n ysterpyp oor die kop geslaan en die huis ingedwing.

Hulle het met mnr Reinecke se Ford-bakkie (BGS 175 FS), ’n 9mm-pistool, sy selfoon en elektriese toebehore gevlug.