Bobbejane dalk so beheer

Verfbal-gewere sal dalk gebruik word om bobbejane uit die stedelike gebiede in die Wes-Kaap te hou.

Dít is deel van die maatreëls wat voorgestel is om die uiters lastige diere te beheer.

Beamptes van Stad Kaapstad, Cape-Nature en Sanparke het oor nuwe maniere beraadslaag om bobbejane te beheer.
Kenners meen dat “afskrik tegnieke”, soos elektriese omheinings rondom woonbuurte en paaie kan ook bydra om beheer toe te pas.

Dit word immers in wildreservate met sukses gebruik.