Besondere dag in Kanada

Remembrance Day, ook bekend as Papapwer Dag of Armistice Day is ‘n herdenkings dag ingestel op die 11de November 1918 in die Statebond lande na die einde van die Eerste Wereld Oorlog. Die geveg het amptelik geeindig op die 11de uur van die 11dag van die 11de maand nadat ‘n ooreenkoms tussen Duitsland en Frankryk geteken is om die oorlog te staak. Dit is ‘n herdenkings dag om die soldate wat in die geveg oorlede is, te vereer. Die oorlog het genadiglik geëindig nadat die “Verdrag van Versailles” geteken is op 28 Junie 1919. Die dag was spesiaal gededikeer aan Koning George V op 7 November 1919 as ‘n dag van herinnering vir die soldate wat dood is gedurende die oorlog. Die rooi papawer het ‘n bekende embleem geword vir die dag as gevolg van die gedig “In Flanders Fields”. Hierdie papawers het dwars oor sommige van die ergste oorlogs gebiede geblom. Hulle bloed rooi blomme het die simbool geword van die bloed wat gevloei het gedurende die oorlog. ’n Gedig In Flanders Fields deur John McCrae is geskryf in Mei 1915.