Bekgeveg oor e-tol saak.

Die humeure van teenwoordige mense by die openbare sitting rakende die e-tol besigheid het sp warm geword dat dit in ’n “bekgeveg” ontaard het. Dit het daartoe gelei dat ’n aantal mense die vertrek verlaat het uit erge frustrasie

Van die deelnemers het gesê hul menings word nie oorweeg nie. Die gevoel bestaan dat die stelsel afgedwing word op die publiek omdat die duur toerusting sonder vooraf raadpleging opgerig is.

Amptenare van die Departement van Vervoer het verduidelik dat die eerste ronde wat in Kempton Park begin het, nie verband hou met die beginsel van inwerking stel van die e-tol nie, maar slegs oor tariewe daarvan.

Kenners is van mening dat die gevegte nog hewiger gaan word namate die vergaderings nader aan Johannesburg en Pretoria gehou gaan word.